Purana

Purana-manuskripte uit die 15de tot die 18de eeu.

Die term Purana (Sanskrit: पुराण purāṇa; letterlik "antiek, oud")[1] verwys na ’n uitgebreide genre van Indiese letterkunde oor ’n groot reeks onderwerpe, veral mites, legendes en ander tradisionele verhale.[2] Dit is hoofsaaklik in Sanskrit geskryf, maar ook in streekstale.[3][4]

Verskeie van hierdie geskrifte is genoem na belangrike Hindoegode soos Vishnu, Shiva en Devi.[5][6] Die Purana-letterkundegenre word in beide Hindoeïsme en Djainisme aangetref.[3]

Die Puranas is ensiklopedies[1] en sluit uiteenlopende onderwerpe in soos die skeppingsleer, kosmologie, stamboeke van gode, godinne, konings, helde en halfgode, volksverhale, pelgrimstogte, tempels, medisyne, sterrekunde, grammatika, mineralogie, humor, liefdesverhale, teologie en filosofie.[2][4][5] Die inhoud is geensins eenvormig nie en daar is verskeie manuskripte van elke Purana wat onderling verskil.[3] Dit is anonieme tekste en waarskynlik die werk van baie skrywers oor die eeue heen; in teenstelling daarmee het die meeste Djaina-puranas ’n datum en die naam van ’n skrywer by.[3]

Daar is 18 Mahapuranas (Groot Puranas) en 18 Upapuranas (Klein Puranas),[7] met meer as 400 000 verse.[2] Die eerste weergawes van die onderskeie Puranas is waarskynlik tussen die 3de en 10de eeu saamgestel.[8] Die Puranas word beskou as smriti, werke waarvan aangeneem word dit berus op ’n goddelike openbaring maar is deur mense saamgestel en oorvertel.

Die Puranas was invloedryk in die Hindoekultuur en het groot jaarlikse nasionale en streeksfeeste geïnspireer.[9] Hul rol en waarde as sektariese godsdienstekste en historiese tekste is omstrede, want baie gode en godinne word geprys en dit is nie duidelik presies hoe sektaries hulle is nie, volgens Ludo Rocher.[10] Die godsdienspraktyke wat daarin vervat is, word beskou as Vaidika (in ooreenstemming met Vediese letterkunde).[11]

Die Bhagavatapurana word beskou as een van die gewildste tekste in die genre.[12][13]

  1. 1,0 1,1 Merriam-Webster's Encyclopedia of Literature (1995-uitg.), Artikel oor Puranas, ISBN 0-877790426, bl. 915
  2. 2,0 2,1 2,2 Greg Bailey (2001), Encyclopedia of Asian Philosophy (red. Oliver Leaman), Routledge, ISBN 978-0415172813, ble. 437-439
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 John Cort (1993), Purana Perennis: Reciprocity and Transformation in Hindu and Jaina Texts (Editor: Wendy Doniger), State University of New York Press, ISBN 978-0791413821, ble. 185-204
  4. 4,0 4,1 Gregory Bailey (2003), The Study of Hinduism (red. Arvind Sharma), The University of South Carolina Press, ISBN 978-1570034497, bl. 139
  5. 5,0 5,1 Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, ISBN 978-3447025225, pages 1-5, 12-21
  6. Nair, Shantha N. (2008). Echoes of Ancient Indian Wisdom: The Universal Hindu Vision and Its Edifice. Hindology Books. p. 266. ISBN 978-81-223-1020-7.
  7. Cornelia Dimmitt (2015), Classical Hindu Mythology: A Reader in the Sanskrit Puranas, Temple University Press, ISBN 978-8120839724, page xii, 4
  8. Collins, Charles Dillard (1988). The Iconography and Ritual of Śiva at Elephanta. SUNY Press. p. 36. ISBN 978-0-88706-773-0.
  9. Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, ISBN 978-3447025225, ble, 12-13, 134-156, 203-210
  10. Ludo Rocher (1986), The Puranas, Otto Harrassowitz Verlag, ISBN 978-3447025225, ble. 21-24, 104-113, 115-126
  11. Dominic Goodall (1996), Hindu Scriptures, University of California Press, ISBN 978-0520207783, page xxxix
  12. Thompson, Richard L. (2007). The Cosmology of the Bhagavata Purana 'Mysteries of the Sacred Universe. Motilal Banarsidass Publishers. p. 10. ISBN 978-81-208-1919-1.
  13. Dominic Goodall (1996), Hindu Scriptures, University of California Press, ISBN 978-0520207783, page xli

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search